Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onbefondsde munisipale begrotings in Noordwes goedgekeur weens samespanning tussen EFF en ANC

In ‘n kommerwekkende verwikkeling kon die ANC drie onbefondsde munisipale begrotings in Noordwes goedgekeur kry met die steun van die EFF.

In die JB Marks- (Potchefstroom en Ventersdorp), Mamusa- (Schweizer-Reneke, Amalia) en Lekwa Taemane- (Bloemhof en Christiana) plaaslike munisipaliteite, kon die ANC met die steun van die EFF die begrotings laat goedkeur, ten spyte van ooglopende onreëlmatighede in die begrotingsprosesse.

Hierdie samespanning is óf gedryf deur politieke opportunisme en die beskerming van gedeelde belange waarvan kiesers nie kennis dra nie, of dit is ‘n nuwe tendens met moontlike katastrofiese gevolge vir Noordwes en die land ná die komende verkiesing in 2024.

Hierdie nuwe jaarlikse begrotings blyk daarop gemik te wees om eerder gevestigde belange te beskerm, terwyl knelpunte in dienslewering en die instandhouding van kritieke infrastruktuur weereens afgeskeep word.

Gemeenskappe in hierdie munisipaliteite ly reeds lank onder korrupsie, wanbestuur en kaderontplooiing.

Kiesers moet kennis neem van hierdie samespanning tussen die ANC en sy nuutgevonde EFF-vennote.

Die inwoners van Noordwes verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.