fbpx
Vryheidsfront Plus

Omstrede administrateur se aanstelling dui op ANC se verkeerde prioriteite

Die inwoners van Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia) ly as gevolg van politiekery en faksiegevegte binne die ANC, sê Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse wetgewer.

Op ‘n spesiale raadsvergadering van die munisipaliteit is die administrateur wat op 2 Mei 2017 aangestel is, deur die ANC-beheerde raad vervang deur mnr. Mojalefa Matlole. Volgens Wessels het Matlole 'n berugte reputasie en kan met verskeie skandale geassosieer word.

Matlole was voorheen die stadsbestuurder van die Mangaung-metro (Bloemfontein, Botshabelo, Van Stadensrus, Wepener, Thaba Nchu, Dewetsdorp) en is in 2005 van bedrog wat meer as R150 miljoen behels het, aangekla. Hy is later aangestel as administrateur van die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in Noordwes waar hy ook in omstredenheid betrokke was. Sy maatskappy, Lefanosi Construction word by verskeie skandale betrek.

"Dit is 'n absolute skande dat iemand met so 'n berugte reputasie aangestel word om 'n munisipaliteit wat reeds in totale chaos verkeer te bestuur. Die ANC is besig met politieke speletjies, terwyl die inwoners geen dienste ontvang nie en die munisipaliteit in duie stort. Die vervanging van die administrateur is duidend op die totale onbevoegdheid van die ANC-regering en die binnegevegte wat in die ANC heers.

"Geen administrateur kan Mafube red terwyl die onbevoegde en magsbehepte ANC die munisipaliteit regeer nie. Die burgemeester van Mafube gryp na strooihalms deur die administrateur vir die krisisse in die munisipaliteit te blameer.

“Dit is duidelik dat hier 'n magspel tussen sekere faksies binne die ANC aan die gang is. Die aanstelling van Matlole dui op verkeerde prioriteite aangesien die burgemeester en sy trawante slegs belangstel in die ANC se leierskapstryd en nie in die beste belang van Mafube optree nie.

“Die VF Plus eis verdere ingryping deur die provinsiale regering," het Wessels gesê.

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.