fbpx
Vryheidsfront Plus

OG bevestig onbevoegde ANC-kaders mors Vrystaatse geld

Die ouditeur-generaal (OG) se kommer oor die verlies van infrastruktuurprojekte in die Vrystaat en die talle onkundige amptenare wat die projekte nie kan bestuur nie, bevestig die VF Plus se standpunt dat amptenare en kontrakteurs op verdienste aangestel moet word en nie omdat hulle ANC-kaders is nie.

Onbevoegde amptenare, swak projekbestuur en ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid, is van die oorsake van meer as R361 miljoen se uitgawes wat nie waarde vir geld bied nie.

Die OG het dié uitsprake gemaak tydens ʼn bespreking van die Vrystaat se 2022/23-finansiële jaarverslag in die wetgewer se openbare rekeningekomitee.

Die Vrystaatse wetgewer, tesourie, behuisingsfonds en vloothandelentiteit het skoon oudits ontvang, maar agt departemente en entiteite se oudituitslae het onveranderd gebly met voorwaardes.

Beide die OG en die Vrystaatse tesourie het hul kommer uitgespreek oor dié agt departemente se vermoë om voort te bestaan.

Die rede daarvoor is dat ‘n groot gedeelte van een boekjaar se fondse vir die vorige jaar se skuld gebruik word.

Een so geval wat die OG uitgewys het, is die Fezile Dabi-stadion in Parys, wat R261 miljoen gekos het en amptelik in 2013 deur die destydse premier, Ace Magashule, geopen is. Dit staan nou in onbruik weens plundering.

Die feit dat die departement van sport, kuns en kultuur, wat destyds die stadion gebou het, tot dusver geen ondersoek na hierdie vrugtelose uitgawe geloods het nie, wys die ANC kan en wil nie verantwoordelikheid aanvaar vir sy plundering van die Vrystaat die afgelope 30 jaar nie.

Die VF Plus sal in die Vrystaatse wetgewer druk toepas om te verseker dat kontrakteurs wat nie hul werk afhandel nie, gerapporteer word en verhinder word om met die regering sake te doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.