Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

NVG se appèl teen spioenasiebande-uitspraak is politieke gedienstigheid aan pres. Jacob Zuma

Die besluit van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) om appèl aan te teken teen die spioenasiebande-uitspraak wat lui dat pres. Jacob Zuma tereg moet staan op 783 klagte van rampokkery, korrupsie en bedrog, getuig van politieke gedienstigheid aan pres. Zuma, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê die optrede was voorspelbaar, veral in die lig van die komende plaaslike verkiesing, en kan beteken dat die appèlsaak eers aanstaande jaar aangehoor word.

Dr. Mulder sê dié optrede van die NVG se adv. Shaun Abrahams is betreurenswaardig, veral in die lig van die hooggeregshof in Pretoria se bevinding verlede maand dat die besluit in 2009 om die saak teen Zuma te laat vaar, “irrasioneel” was.

“Die president sê altyd hy is onskuldig en verlang na ‘sy dag in die hof’ om sy onskuld te bewys. Hier het hy nou weer eens die geleentheid gehad. Maar soos soveel keer tevore word sekere prosesse gebruik om hom uit die hof te hou, en dit geskied ten koste van die belastingbetaler,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.