Me. Tammy Wessels is vandag as die nuwe wetgewerlid (LPW) van die VF Plus in die Vrystaat ingehuldig. Haar inhuldiging volg nadat Wouter Wessels verkies is om dr. Pieter Mulder as parlementslid op te volg.
Tammy is opgewonde om in haar nuwe posisie die gemeenskap te dien, ‘n daadwerklike waghondfunksie te vervul en die ANC-regering aanspreeklik te hou. Sy glo ook dat die Vrystaat ‘n provinsie met baie potensiaal en wonderlike mense is, maar dat die provinsie lamgelê word deur wanbestuur, korrupsie en swak dienslewering.
Wessels (31) is reeds sedert haar studentejare aktief by die VF Plus en partypolitiek betrokke.
Sy is in Johannesburg gebore waar sy ook skoolgegaan het. Daarna het sy aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer waar sy ‘n aktiewe rol in studenteleierskap gespeel het. Sy was onder andere ‘n lid van die UV se studenteraad en die speaker van die studenteparlement. Sy is ook tans die nasionale jeugleier van die VF Plus.
Wessels was ook voorheen die party se skakelbeampte by die Mangaung-metroraad waar sy nou-betrokke was by die hantering van inwoners se munisipale probleme.
Sy het onlangs die party as jeugleier by die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidskwessies in Genève, Switserland verteenwoordig waar sy ‘n voorlegging oor die marginalisering van Afrikaans as onderrigtaal gelewer het.
Haar passie is die bemagtiging van die jeug, onderwys en taalregte.
Wessels is ‘n lid van die VF Plus se federale dagbestuur, federale raad en Vrystaatse dagbestuur.
Kontaknommers:
Tammy Wessels: 082 490 6663
Jan van Niekerk: 083 743 2042