Die VF Plus se nuwe aanwins in Limpopo, me. Marcelle Maritz, is slaggereed vir die komende tussenverkiesing op 11 November in wyk 32 in Potgietersrus (Mokopane), sê mnr. Neels du Preez, leier van die VF Plus in Limpopo.
Me. Maritz, tot onlangs ‘n uitvoerende lid op die stadsraad van Mogalakwena, het verlede maand uit die DA bedank en het haar by die VF Plus aangesluit om “beter te kan omsien” na die belange van haar kiesers.
Mnr. Du Preez sê me. Maritz het nie bekendstelling in dié dorp nodig nie aangesien sy wyd bekend is vir die reuse werk wat sy vir die gemeenskap doen.
“Na die moord op ‘n boer het sy ‘n kruis-optog gereël waaraan meer as 600 motors deelgeneem het. Dit is hoe gewild en bekend sy is te danke aan haar werkywer. Sy het gratis ambulansdienste vir die bejaardes van die dorp gereël, sy ry self patrollie om misdaad te bekamp, sy deel kospakkies uit aan behoeftiges en nog baie meer. Dit is hoe die mense haar ken.
“Gister nog het sy gereël dat die inwoners van die Piet Pot-tehuis vir bejaardes lekker bederf word, en het die dag by hulle gekuier saam met adv. Anton Alberts, die VF Plus se leier in Gauteng, wat die mense toegespreek het.
“Sy is werklik ‘n onbaatsugtige mens wat 24 uur van die dag in diens van haar gemeenskap staan. Dit is hoe ons haar nog altyd ken, dit gebeur nie net voor stemdag nie,” sê mnr. Du Preez.
Mnr. Neels du Preez
Kontaknommer: 082-977-2833