fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe grondeise tans reeds 54 351

Daar is reeds 54 351 nuwe restitusie grondeise, in terme van die wysiging van die Wet op Restitusie van Grondregte (Wet 15 van 2014), ingedien. Hierdie syfer is bekend gemaak deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, mnr. Gugile Nkwinti, in opvolg van ‘n vraag van dr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement.

“Nuwe restitusie grondeise is vir vyf jaar heropen tot 2019. Die 54 351 eise in minder as een jaar van heropening, is reeds 68% van die 79 600 eise wat ingedien was van 1994 tot 1998. Na 16 jaar is daar steeds ongeveer 5 000 aanvanklike eise wat nog nie afgehandel is nie. Indien die huidige syfer oor vyf jaar geprojekteer word kan meer as 200 000 eise verwag word. Die departement self verwag meer as 300 000 eise. Indien dit 16 jaar neem om 75 000 eise te hanteer sal dit meer as ‘n halwe eeu neem om 200 00 af te handel,” sê dr. Pieter Groenewald.

“Die Vryheidsfront Plus het reeds gewaarsku dat die heropening van grondeise groot onsekerheid in die landbousektor gaan skep. Nuwe eise sal veroorsaak dat dit nog baie jare mag neem om al die nuwe eise af te handel.

“Vanweë die moontlikheid van ’n grondeis, brei meeste boere op die oomblik nie hulle landboubedrywighede uit nie. Op hierdie tydstip het die Suid-Afrikaanse kommersiële landbousektor sekerheid oor die toekoms nodig om met nuwe beleggings en uitbreidings te verseker dat daar genoeg kos vir almal in die toekoms is.

“Wat Suid-Afrika tans nodig het, is dat die landbougrond wat reeds aan nuwe swart boere oorgedra is, suksesvol kos moet produseer. Suid-Afrika kort meer suksesvolle swart kommersiële boere. Nege uit tien van die oordragte van grond het misluk volgens syfers wat minister Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, verskaf het. Ons kan nie bekostig dat nog vrugbare grond onproduktief raak nie terwyl die bevolking groei en daar daagliks meer voedsel nodig is nie,” het Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

ANTWOORD VAN MINISTER:

QUESTION 1255 – INTERNAL QUESTION PAPER [No 9-2015 FIFTH PARLIAMENT]
DATE OF PUBLICATION: 27 MARCH 2015

1255. Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Rural Development and Land Reform:

How many new claims have been submitted since the implementation of the Restitution of Land Rights Amendment Act, Act 15 of 2014;

(2) whether he will make a statement on the matter? NW1464E

 

THE MINISTER OF RURAL DEVELOPMENT AND LAND REFORM:

54351 land claims have been lodged with the Commission on Restitution of Land Rights since the implementation of the Restitution of Land Rights Amendment Act, 2014 (Act No 15 of 2014) as of 27 March 2015.

No.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.