Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vandalisme by genl. Louis Botha se standbeeld is ‘n aanval op nasiebou en sosiale kohesie

Die tyd het gekom dat gematigde Suid-Afrikaners vanuit alle gemeenskappe hande vat en saamstaan teen radikales wat hierdie land weer aan die brand wil steek. Mense wat standbeelde en kultuurskatte van ander gemeenskappe beskadig en vernietig stel nie belang in 'n vreedsame toekoms vir almal in Suid-Afrika nie, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Hy sê die beskadiging van die standbeeld van genl. Louis Botha voor die parlement in Kaapstad is die voorsetting van 'n baie gevaarlike tendens. In 1933 het studente in Duitsland by 34 universiteite 25 000 boeke, manuskripte en standbeelde van Jode vernietig.

“Ons weet almal waar daardie episode geëindig het. Tans doen die Islamitiese Staat (IS) in die Midde-Ooste presies dieselfde met die vernietiging van artefakte en standbeelde van minderhede in Sirië en Irak.

“Dit is onstellend dat daar hieroor geen leiding gegee word deur pres. Jacob Zuma nie. Die vraag moet ook gevra word waar die DA-regering in die Kaapstadse metro sowel as die DA-regering in die Wes-Kaap is? Waarom neem hulle nie die voortou om die kultuurskatte in die Wes-Kaap wat tans deur kulturele terroriste aangeval word, te beskerm nie?

“Die persone wat hierdie kriminele dade pleeg, vind hulle beskerming in die EFF. Die EFF doen hom as 'n politieke party voor. Hy is egter 'n party wat die demokrasie wil misbruik juis om die demokrasie te vernietig.

“Die EFF moet gesien word vir die revolusionêre organisasie wat hy is en hy en sy leierskap moet dienooreenkomstig verantwoordelik gehou en behandel word,” sê dr. Mulder.

Oor die Botha-standbeeld in Kaapstad sê dr. Mulder dit is uit onkunde dat mense wil wegdoen met die beeld en dit beskadig.

Na die Bambatha-opstand in Natal het die Britse magshebbers in 1908 die Zoeloe-koning Dinuzulu ka-Cetshwayo in die tronk gegooi. Dit was ’n reuse vernedering vir die Zoeloes. Louis Botha was ’n ou vriend van die Zoeloe-koning en het hom gehelp in sy stryd teen hoofman Zibhebhu.

Toe Louis Botha twee jaar later Eerste Minister van die Unie word, was een van sy eerste besluite ’n bevel dat die Zoeloe-koning dadelik vrygelaat moet word. Hy het ook gesorg dat die koning ’n plaas kry, Uitkyk, om op te woon. Vandag staan Dinuzulu en Louis Botha se standbeelde uit erkenning hiervan langs mekaar in Durban. Moet ons hierdie stukkie geskiedenis uitwis deur albei standbeelde te verwyder of leer ons daaruit iets van stryd en versoening?

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.