Die VF Plus verwelkom die optrede van die Valke wat senior amptenare in die Noord-Kaap se departement van gesondheid vasgetrek het.
Dié departement is jare reeds berug vir korrupsie en wanbestuur, op die oog af sonder gevolge vir diegene wat dit pleeg. Opeenvolgende LUR'e kon sake eenvoudig nie in bedwang bring nie. Nogtans is die ondersoek lank aan die gang en die inhegtenisnemings dui daarop dat skuldiges wel aan die pen kan ry.
Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat die departement wat die mees kwesbare lede van die samelewing moet bystaan, onder voortdurende korrupsie moet ly.