Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nog ‘n vroueboer slagoffer van plaasaanval in Vrystaat

Me. Mimie Jacobs, wat in 2016 aangewys is as die Vrystaatse Vroueboer van die Jaar, is Saterdagnag (22 Februarie 2020) aangeval en beseer op haar plaas.

Dit is uiters kommerwekkend dat boere wat deur regering erken word vir hul bydrae tot die landbousektor, nie volkome hul vertroue in die regering kan plaas om hul veiligheid te verseker nie.

Me. Jacobs is die slagoffer van die apatiese houding en leë beloftes wat die regering teenoor geslagsgeweld en landelike beveiliging openbaar. Die regering behoort kennis te neem daarvan dat dit nie net ‘n boer is wat aangeval is nie, maar ook ‘n vrou wat weens gebrekkige polisiëring die teiken van ‘n plaasaanval was.

Daar is steeds gebiede in die Vrystaat waar daar ‘n tekort aan samewerking met die polisie asook ‘n tekort aan noodsaaklike hulpbronne is om landelike beveiliging te verseker.

Die VF Plus loof nogtans die spoedige optrede van die polisie in hierdie geval, asook die rol van die gemeenskap en ander rolspelers vir hul optrede na die aanval, maar veroordeel steeds die voorval aangesien hierdie pogings slegs reaktief is.

Indien die polisie geluister het na die VF Plus se oproepe na spesialiseenhede, sou ‘n plaasaanval soos dié en talle ander moontlik afgeweer kan word as gevolg van sigbare polisiëring in onveilige landelike gebiede. Die polisie behoort nie net ‘n reaktiewe polisiëringsplan te hê nie.

‘n Regering wat net praat, beteken niks. Die landelike gemeenskap verdien effektiewe aksieplanne met konkrete, tasbare oplossings wat op grondvlak duidelik sigbaar is.

Die VF Plus spreek sy innige simpatie uit teenoor die slagoffer, familie en vriende en wens haar ‘n spoedige herstel toe. Die VF Plus sal aanhou veg vir die veiligheid van ons boere.

Kontaknommer: 083 743 2042/ 082 308 9567

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.