Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

NMBM loop gevaar van siviele eise weens oop kragkabels in Algoapark

Die VF Plus het die EFF se burgemeesterskomiteelid vir elektrisiteit in die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM), me. Ntombizanele Sikawuti, gewaarsku dat die metro hom aan siviele eise blootstel weens lewensgevaarlike oop kragdrade in Algoapark.

Algoapark is ʼn voorstad van Port Elizabeth (Gqeberha).

Die VF Plus het ʼn oorsigbesoek aan Algoapark gebring ná klagtes van inwoners dat hulle vir weke sonder krag is, sypaadjies opgekap is en slote met kragdrade nie toegegooi is ná herstelwerk aan die kraginfrastruktuur nie.

Sommige inwoners se sypaadjies en ingange is maande gelede opgekap vir herstelwerk aan die kraginfrastruktuur, maar is daarna nie herstel nie.

Inwoners moes ook al derduisende rand se bederfbare voedsel weggooi.

Volgens inwoners het die burgemeester, Gary van Niekerk, en ander rolspelers op 29 Junie tydens ʼn besoek aan die gebied onderneem om die krag te herstel en oop gate en slote wat die metro gegrawe het, toe te gooi.

Oop kragkabels is duidelik sigbaar in die slote en skep ʼn gevaar vir inwoners en veral skoolleerders wat langs die roetes skool toe gaan.

Buiten die gevaar dat inwoners geskok kan word, moet voetgangers ook in die pad stap weens die opgekapte sypaadjies wat ‘n gevaar vir voetgangers en motoriste skep.

Indien inwoners beseer of gedood word weens die nalatigheid van die metro, kan inwoners siviele sake teen die metro bring wat erge finansiële gevolge kan inhou.

Die VF Plus het ook ʼn dringende skrywe aan die munisipale bestuurder, me. Noxolo Nqwazi, gerig om dadelik aandag te skenk aan die kragprobleme in Algoapark om moontlike beserings en lewensverlies te voorkom.

Die inwoners van Algoapark verdien beter as die ANC/EFF-koalisieregering wat selektief dienslewering in die metro verskaf.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.