Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nagaan en registrasie van behoeftiges in Emfuleni verwelkom

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se deur tot deur-veldtog, wat daarop gemik is om behoeftige gesinne uit te wys en te registreer om vir sekere dienste en subsidies in aanmerking te kom, word verwelkom.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is daar sowat 150,000 huishoudings in Emfuleni wat geklassifiseer kan word as behoeftig. Net 91,200 hiervan is egter tans as sodanig by die munisipaliteit geregistreer.

BTF Global, ʼn diensverskaffer van die munisipaliteit, sal tussen November en Desember met dié huis tot huis-deel van die veldtog begin, in samewerking met die munisipale komitee vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling.

Die veldtog sal die registrasie en bevestiging van behoeftige huishoudings bespoedig en dit ook vir diegene vergemaklik wat dalk nie by die munisipale kantore kan uitkom nie.

Om te verseker dat slegs werklike behoeftige huishoudings geregistreer word, moet streng bewyse soos bankstate, salarisstrokies, bewys van werkloosheid en eiendomswaardasies getoon word om te voorkom dat die program misbruik word.

Enige huishouding met ʼn inkomste van minder as R6 400 per maand of wie se eiendom minder as R300 000 werd is, kwalifiseer vir die program, maar indien die eiendom se waarde meer is, moet die aansoeker se status eers nagegaan word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.