Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika ‘n politieke rugbyspan stuur om aan die wêreldbeker-toernooi deel te neem, en dit is ontnugterend dat die rugbywêreld na sy sportboikotte in die vorige bedeling, nou oënskynlik bereid is om ‘n Springbok-kwotaspan klakkeloos te aanvaar, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport.
Adv. Alberts sê indien dit more met die aankondiging van die span blyk dat kwotas wel ‘n rol gespeel het, sal die VF Plus eerskomende Maandag ‘n versoekskrif aan die Britse ambassadeur oorhandig waarin gevra sal word dat Brittanje kennis neem van die aangeleentheid, aangesien die toernooi vanjaar in Engeland aangebied word.
Die skrywe sal die ambassadeur, die Britse rugby-owerhede en die Britse regering vra om kennis te neem dat:
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het onlangs ‘n striemende aanval op Saru en Heyneke Meyer, Springbok-afrigter, gedoen en het onder meer gesê Saru laat Meyer toe om te ‘maak en breek’ soos hy wil.
Adv. Alberts sê Mantashe en die ANC kan gerus daarop let dat toeskouers by veral rugby en krieket nie die nasionale demografie verteenwoordig nie terwyl die regering dit nou op die spanne wil afdwing. Borge gaan ook nie bereid gaan wees om miljoene rande in onderpresterende kwotaspanne te belê nie.
“Die VF Plus wil dit benadruk dat meriete die enigste maatstaf moet wees. Daar is wel goeie swart spelers wat verdien om in die Springbokspan te wees, terwyl swart spelers sokker oorheers. In stede van politieke inmenging in bestaande spanne, moet die regering hom eerder daarop toespits om jong spelers te ontwikkel om teen die beste in die wêreld te kan meeding,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403