Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Luister’-video oor Maties klink eerder na ANC-propaganda

Die sogenaamde ‘Luister’-video oor rassisme by Maties klink eerder na ANC-georkestreerde propaganda wat die regering as rede kan aanvoer om veranderinge by die universiteit af te dwing, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys.

Adv. Alberts sê die video belig net een groep se mening en dié verdagmakery pas die ANC soos ‘n handskoen.

“Wat van die keersy van hierdie munt waar die stelsel veel erger teen wit kinders diskrimineer op ‘n rasse-grondslag? Hierdie verdagmakers sal nie hul mond oopmaak oor ‘n briljante wit kind wat byvoorbeeld nie medies by Maties kan studeer weens die kwotastelsel nie.

“Dis ook net in buitengewone gevalle waar wit kinders nog beurse kry. Selfs matrieks met ‘n A-gemiddeld sukkel om ‘n beurs te kry. In sulke gevalle word jong mense geheel en al hul grondwetlike reg ontneem om selfs net te studeer.

“Hierdie video van die klaarblyklike ANC-handpop Open Democracy is rassisties en die VF Plus verwerp alle aantygings daarin met minagting.

“Opvallend is dat die universiteit in Stellenbosch nou uit die bloute in die moeilikheid is weens klagte van ‘n minderheid studente. Gaan die ANC ook op nasionale vlak so aandag gee aan die behoefte van minderhede? Dit is uiters onwaarskynlik weens die ANC se rasse-agenda,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.