fbpx
Vryheidsfront Plus

n Munisipaliteit per dorp is die oplossing vir die Vrystaat se diensleweringskrisis

(Uittreksel van toespraak oor Vrystaatse begroting in Vrystaatse wetgewer)

Die VF Plus stel ‘n munisipaliteit per dorp voor as ‘n oplossing vir die Vrystaat en Suid-Afrika se diensleweringskrisis. Munisipaliteite in die Vrystaat het misluk en munisipaliteite wat onder provinsiale administrasie is, soos Mafube (Fankfort, Villiers), Masilonyana (Theunissen, Brandfort) en Maluti a phofung (Harrismith) is nog slegter daaraan toe.

Dienslewering en die voorsiening van noodsaaklike dienste vind in baie munisipaliteite amper glad nie meer plaas nie. Selfs in die Mangaung-metro-munisipaliteit word vullis soms vir weke nie verwyder nie, water- en rioollekke word nie herstel nie en munisipaliteite gaan gebuk onder uitgerekte stakings.

Salarisrekeninge van beide munisipaliteite en departemente is te groot en word tussen 60% en 80% van provinsiale departemente se begrotings op salarisse bestee.

Die staat is nie veronderstel om self werk te skep nie. Die staat moet die plaaslike ekonomie tot so ‘n mate stimuleer dat gesonde werkskepping deur die privaatsektor gedy.

Die ANC se selfdienende beleidsrigtings, soos onteiening sonder vergoeding en swart ekonomiese bemagtiging smoor egter die privaatsektor en knou die landboubdedryf, die primêre industrie in die Vrystaat.

As elke dorp sy eie munisipaliteit het, met ‘n kleiner en bestuurbare werksmag, duidelike doelwitte, behoorlike bestuur en ‘n toegewyde beheerbare area waar dienslewering geprioritiseer word, sal dienslewering merkbaar verbeter.

 

Kontaknommer: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.