fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-medelye met afsterwe van IVP-leier se eggenote

Die VF Plus wil sy diepe medelye uitspreek met die afsterwe van mev. (prinses) Irene Buthelezi, eggenote van die leier van die IVP, prins Mangosuthu Buthelezi. Mev. Buthelezi (89) is vanoggend na ‘n lang siekbed oorlede.

Die VF Plus wil hiermee ook medelye betuig met die naasbestaandes van mev. Buthelezi. Prins Buthelezi, wat self 90 jaar oud is, word krag en sterkte toegewens met die voorbereidings vir die komende verkiesing wat nou onder hierdie beproewende persoonlike omstandighede moet plaasvind.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.