fbpx
Vryheidsfront Plus

Munisipale staking onwettig verklaar: Samwu tree tot nadeel van sy lede en gemeenskap op

Die werknemers van die Mangaung-metro moet nou terugkeer na hul poste, aangesien die Samwu-georganiseerde staking Vrydag deur die Arbeidshof onwettig verklaar is, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro gesê.

“Die VF Plus het lank reeds die staking wat dienslewering in Mangaung, wat Bloemfontein, Botshabelo, Van Stadensrus, Dewetsdorp en Wepener insluit, veroordeel na aanleiding van skade wat aan infrastruktuur en ander eiendom aangerig is.

“Die provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu), mnr. Thabang Tseoua, het Donderdag in ‘n verklaring gesê dat hy oortuig is dat Samwu sukses sal behaal teen die metro se aansoek om die staking onwettig te laat verklaar. Dit was uit die aard van die saak ‘n mistasting en is dit nou die verantwoordelikheid van die vakbond om hul werkers, tot hul eie voordeel, aan te moedig om terug te keer werk toe.

“Amptenare van die metro wat nie van Maandag af weer op hul poste is nie se salarisse behoort terug gehou te word.

“Die vakbond behoort tot voordeel van hul lede op te tree en om hulle aan te moedig om aan ‘n onbeskermde staking deel te neem is nie net tot nadeel van die werkers self nie, maar ook tot die gemeenskap van Mangaung. Die geskille tussen die metro as werkgewer en die vakbond namens die werknemers behoort eerder op ‘n alternatiewe wyse, soos mediasie, besleg te word,” het Snyman-van Deventer gesê.

Kontakbesonderhede: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.