Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Multisektorale benadering nodig om tienerswangerskappe aan te spreek

Die tyd het aangebreek vir ʼn multisektorale benadering van die regering, gemeenskappe en opvoedkundige instellings om die komplekse probleem van tienerswangerskappe te beperk.

Planne alleen gaan egter niks help nie. Daar moet dringende optrede ook kom oor hierdie probleem.

In 2023 is daar net in die Tshwane-metro 4 444 tienerswangerskappe by openbare gesondheidsgeriewe aangemeld.

Dit is byna 40% van Gauteng se totale tienerswangerskappe van 11 653 vir die afgelope boekjaar vir meisies tussen vyftien- en negentienjaar.

Die nasionale syfer vir 2022/23 staan op 88 122.

Die VF Plus gaan in 2024 in samewerking met die Tshwane-metro se departement van gesondheid, die burgerlike samelewing en nieregeringsorganisasies daarop fokus om groter bewustheid te skep oor tienergesondheid en die gevare van tienerswangerskappe.

Benewens die risiko dat tienermeisies seksueel oordraagbare infeksies soos MIV/Vigs op kan doen, is daar ook dikwels komplikasies met swangerskappe en bevallings.

Tienerswangerskappe lei ook tot hoër uitvalsyfers onder jong meisies, wat ‘n siklus van beperkte opvoeding en ekonomiese geleenthede meebring.

Die VF Plus glo dat ʼn kollektiewe verantwoordelikheid nodig is om tienerswangerskappe te voorkom en dat seuns en mans by programme oor tienerswangerskap ingesluit moet word om deel van die oplossing te wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.