fbpx
Vryheidsfront Plus

Moedertaalonderrig oplossing vir Vrystaatse druipsyfer

Die VF Plus is oortuig daarvan dat moedertaalonderrig die sleutel is om die provinsie se hoë druipsyfer aan te spreek.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se skokkende onthulling dat 40% van graad 10-leerlinge in die Vrystaat gedruip het, bevestig die VF Plus se standpunt.

Dit help nie die Vrystaat het die beste matriekslaagsyfer in die land, maar vier uit elke tien graad 10-leerlinge druip in dieselfde jaar nie.

Daardie leerders sal binnekort deel van die 44% werkloses in die provinsie wees.

Die vorige LUR vir onderwys, mnr. Tate Makgoe, het verlede jaar in sy begrotingstoespraak erken dat meer gedoen moet word om die provinsie se amptelike tale (Afrikaans, Sotho en Engels) te versterk as onderrigmedia.

Sy eie party, die ANC, stel nou egter drakoniese veranderinge met die Bela-wetswysiging voor wat die gehalte van onderwys net verder gaan versleg.

Die VF Plus gaan eis dat die huidige LUR vir onderwys, Makalo Nohale, die druipsyfers van elke graad in die afgelope akademiese jaar bekendmaak en hoe skole gehelp gaan word om druipelinge by te staan.

Die party moedig ook ouers en belanghebbendes aan om hul insette oor die Bela-wetswysigings te lewer tydens die openbare verhore.

Die VF Plus sal sodra die besonderhede van die openbare verhore in die Vrystaat beskikbaar is, dit op sosiale mediaplatforms met die publiek deel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.