Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Tshwane moet bedag wees op cholera-simptome

Alhoewel geen gevalle van cholera tot dusver in 2024 in die Tshwane-metro aangemeld is nie, doen die VF Plus ʼn beroep op inwoners om bedag te wees op die simptome van cholera.

Die Tshwane-metro se gesondheidsdepartement is reeds op ʼn gereedheidsgrondslag nadat die nasionale gesondheidsdepartement op 15 Januarie bekend gemaak het dat twee nuwe gevalle van cholera in Limpopo aangemeld is.

Albei gevalle is persone met ʼn onlangse reisgeskiedenis na naburige lande.

Die VF Plus in samewerking met die Tshwane-metro se gesondheidsdepartement het reeds voorkomende planne in werking gestel om ’n moontlike cholera-uitbraak te bestuur met die terugkeer van mense ná die feestyd.

Gesondheidsvoorligting is onder meer aan inwoners verskaf oor voorkomende maatreëls soos die handhawing van goeie higiëne en om skoon vars water te drink om ontwatering te voorkom.

Cholera word opgedoen deur water of kos wat besmet is met die cholera-bakterie (vibrio cholera), en vroeë behandeling is krities.

Mense word aangemoedig om onmiddellik hul naaste gesondheidsfasiliteit te besoek indien enige van die volgende simptome ervaar word:

• Waterige diarree
• Naarheid en braking
• Spierkrampe
• Moegheid en swakheid
• Los vel en droë mond
• Dehidrasie
• Elektrolietwanbalans

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.