Die Menseregtekommissie (MRK) het gister die Letsemeng-plaaslike munisipaliteit (Koffiefontein, Luckhoff, Petrusburg, Jacobsdal) besoek om ondersoek in te stel oor talle diensleweringsprobleme.
Dit volg op die VF Plus se klag wat op 30 Oktober 2020 by die MRK ingedien is rakende die voortslepende watertekorte in Petrusburg in die Letsemeng-plaaslike munisipaliteit.
Die VF Plus het geëis dat die MRK dringend ondersoek instel na hierdie skending van die inwoners van Letsemeng se reg op toegang tot voldoende watervoorsiening. Watervoorsiening in dié gebied vind sporadies plaas en inwoners is meer sonder water as wat water beskikbaar is.
Inwoners van Letsemeng het vir maande geen munisipale rekeninge ontvang nie, vullis word nie verwyder nie en riool vloei vrylik in die strate.
Die VF Plus staan op vir die regte van inwoners van Letsemeng en moedig inwoners aan om die ANC in die komende munisipale verkiesing te vervang.