fbpx
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga-wetgewer aanvaar VF Plus se voorstel om privaatreservate te help teen renosterstropery

'n Voorstel van die VF Plus dat die Mpumalanga-regering sy fokus verskuif na die ondersteuning van privaatreservate in die eskalerende oorlog teen renosterstropery, is deur die provinsiale wetgewer aanvaar.

Luidens statistiek van die departement van bosbou, visserye en omgewing wat verlede week gepubliseer is, het onlangse neigings getoon dat renosterstropery wegbeweeg van die Nasionale Krugerwildtuin na omliggende privaatreservate.

In die Krugerwildtuin is 82 renosters vanaf Januarie tot Junie vanjaar gestroop. Gedurende dieselfde tydperk is 13 stropers in die wildtuin inhegtenis geneem en suksesvol vervolg.

Vennootskappe tussen die openbare- en privaatsektor bly die sleutel tot die bekamping van onwettige handel in renosterhorings.

Die VF Plus se voorstel behels dat die provinsiale regering dieselfde vennootskappe tot beskikking stel aan privaatreservate.

Gesamentlike pogings tussen wetstoepassingsagentskappe, die polisie, die Valke, die Groen Skerpioene, doeanebeamptes en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het tot verskeie suksesvolle inhegtenisnemings en vervolging gelei in die afgelope paar maande.

Die VF Plus sal ook seker maak dat die beloofde hulp wel verleen word.

Indien die regering nie ’n helpende hand na privaatreservate uitreik nie, is daar dalk binnekort geen renosters meer in dié provinsie oor nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.