Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga: Twee plaasaanvalle in minder as week toon landelike veiligheid is nie ‘n prioriteit

Twee plaasaanvalle in minder as ‘n week is ‘n bewys dat landelike veiligheid nie ‘n prioriteit is vir Mpumalanga se polisie of provinsiale regering nie.

In die jongste voorval Sondag het ses plaasaanvallers mnr. Gustav Rappart (76) doodgewurg en sy vrou Elma vasgebind op hul plaas buite Delmas. Hulle het met twee selfone op vlug geslaan.

Dit volg kort op die hake van 'n soortgelyke aanval op 11 Maart op Mara buite Mbombela/Nelspruit.

Tydens die aanval is drie vroue Ansie Nel, haar ma van 84, Miemie du Toit, en Sophie Mpila vasgebind en gemartel. Mnr. Hendrik Nel is met sy tuiskoms ook oorrompel, vasgebind en gemartel.

Die vyf vermeende plaasaanvallers het drie vuurwapens en verskeie ander items gebuit.

Dit is duidelik dat die ANC-regering in Mpumalanga nie oor die politieke wil beskik om hierdie soort misdaad hok te slaan en landelike veiligheid ‘n prioriteit te maak nie.

Die VF Plus het die wetgewer se portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid versoek om die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe en die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, voor die komitee te daag om oor die aangeleentheid verslag te doen.

Hulle moet antwoorde gee oor die inwerkingstelling van die landelike veiligheidsplan in Mpumalanga en die kritieke tekort aan polisiehulpbronne, soos voertuie, wat die polisie verhinder om sy werk na behore te verrig.

Alhoewel dit die polisie se plig is om die landelike veiligheidsplan in werking te stel, moet die LUR as politieke hoof die implementerig daarvan monitor.

Die VF Plus doen opnuut ‘n ernstige beroep op landelike gemeenskappe om hul persoonlike veiligheidsmaatreëls op te skerp.

Dit kan gedoen word deur aan te sluit by die plaaslike plaaswagte en gemeenskappolisiëringsforums en om nie hul waaksaamheid te verslap en onbekendes sonder meer te vertrou nie.

Die VF Plus in Mpumalanga spreek sy medelye uit met die familie van mnr. Rappart en wens die oorlewende slagoffers ‘n spoedige herstel toe.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.