Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) beweer daar is geen agterstand met kraamverlofeise nie

Nieteenstaande die VF Plus se inligting tot die teendeel, sê die departement van arbeid daar is geen agterstand ten opsigte van werkloosheidsversekeringsfondseise vir kraamverlof nie.

Volgens die departement is alle geldige en volledige eise wat tot op datum by die fonds ingedien is, ten volle verwerk en betaal.

Hierdie stelling is gemaak in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus aan die minister van arbeid en werkskepping, Thulas Nxesi.

Dit wil egter voorkom of die departement nie weet wat in sy eie fonds ten opsigte van kraamverlofeise aangaan nie, of dat hy blatant oneerlik is oor die agterstand van kraamverlofeise.

Die VF Plus wou by die minister weet hoeveel kraamverlofeise tans by die WVF ingedien is, asook wat die agterstand met die uitbetaling van korrekte en volledige eise is.

In sy antwoord beweer die minister dat die WVF binne tien dae ná die ontvangs van sodanige eise ‘n uitslag aan die eiser aandui en binne vyf dae suksesvolle eise betaal.

Die VF Plus word egter daagliks deur eisers van kraamverlofvoordele gekontak wat maande en in sekere gevalle jare reeds vir hul kraamverlofuitbetalings vanaf die WVF wag.

In baie gevalle word die eisers herhaaldelik om dieselfde dokumente gevra, wat keer op keer weer ingedien word, net om weer te hoor dat dieselfde dokumente steeds uitstaande is.

Dit wil daarom voorkom of die minister van arbeid en sy departement of nie weet wat in hierdie entiteit aangaan nie, of blatante oneerlik is oor die situasie.

Dit veroorsaak groot frustrasie aangesien baie eisers afhanklik is van hierdie geld en groot ongerief verduur wanneer die eise nie betaal word nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.