fbpx
Vryheidsfront Plus

Moqhaka: S995-pad geskraap na volgehoue druk van VF Plus

Na volgehoue druk van die VF Plus op die Vrystaatse provinsiale regering, word die S995-pad (tussen Kroonstad en Ventersburg) tot groot verligting van die ladbougemeenskap uiteindelik geskraap.

Nadat die VF Plus verlede week die kwessie opnuut opgehaal het met die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, is vandag bevestig dat die pad wel geskraap word.

Die VF Plus het talle klagte oor die pad vanaf die landbougemeenskap ontvang, omdat die haglike toestand daarvan dit byna onmoontlik gemaak het vir landbouers om hul produkte na plaaslike silo’s te vervoer.

Die plaaslike boeregemeenskap poog om hierdie pad self te onderhou omdat die regering vir die laaste drie jaar geen instandhouding gedoen het nie.

Landbouaktiwiteite moet egter voortgaan, maar weens die ontoeganklikheid van die pad word boere se voertuie gereeld beskadig.

Landbouers is van onskatbare ware vir voedselsekerheid en die ANC-regering behoort alles in sy vermoë te doen om hierdie hindernisse uit die weg te ruim.

Die party is verheug oor die uiteindelike aksie wat geneem word en sal aanhou met sy stryd om infrastruktuur veral vir die landbougemeenskap op standaard te bring.

Navrae: 084 206 3375

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.