Die VF Plus het reeds op 28 Februarie vanjaar ‘n strafregtelike klag ingedien teen die waarnemende munisipale bestuurder van Nala-plaaslike munisipaliteit, Sandile Busakwe.
Dié klag wat by die Wesselsbronse polisie teen Busakwe ingedien is, is vir die oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet, die Afvalbestuurswet en die Nasionale Waterwet. Die klagte hou verband met riool wat etlike jare reeds langs die Wesselsbron-rioolaanleg op die dorp in die veld uitgepomp word.
Ná sowat vyf maande het die VF Plus navrae gerig oor die vordering van die ondersoek. By navraag het die ondersoekbeampte om foto’s en briewe gevra waar inwoners, sowel as die aangrensende gholfbaan, moet ‘bevestig dat hulle werklik gegrief is’.
Die VF Plus het verskeie briewe verskaf. Dit wil voorkom of dié klag onnodig en sonder goeie rede vertraag word. Intussen word die riool steeds gereeld in die veld uitgepomp en word die grondwater ook deurlopend besoedel.
Suid-Afrika is ‘n waterskaars land waar die huidige waterbronne reeds onder geweldige druk verkeer.
Hierdie grootskaalse besoedeling van die omgewing en water is onaanvaarbaar en moet ten alle koste verhinder word.
Navrae: 082 770 6201