Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Moorde op regspraktisyns bedreig regstaat in Gauteng

Die VF Plus is bekommerd oor die ontstellende toename in moorde en aanvalle op regspraktisyns in Gauteng die afgelope twaalf maande.

Verskeie prokureurs is in geteikende aanvalle doodgeskiet, terwyl ander gelukkig was om aanvalle te oorleef het. In die jongste voorval het die prokureur, Chinette Gallichan, haar lewe verloor.

Feitlik niemand is in verband met enige van die voorvalle in hegtenis geneem of vervolg nie, wat die kommer oor ‘n groeiende kultuur van strafloosheid verder versterk.

Hierdie moorde vind waarskynlik nie lukraak plaas nie. Regspraktisyns is dikwels betrokke by sensitiewe sake soos korrupsie, insolvensies, arbeidsdispute, tendergeskille en georganiseerde misdaad.

Wanneer regslui geteiken word, is dit dikwels met die doel om ondersoeke te stuit, getuies te intimideer en finansiële of misdadige belange te beskerm.

Hierdie tendens hou ‘n ernstige gevaar in vir die voortbestaan van die regstaat. Wanneer prokureurs en regsverteenwoordigers nie veilig is nie, word die hele regsproses ondermyn. Dit kan lei tot minder bereidwilligheid om hoë-risiko sake te hanteer, vertraagde geregtigheid en ‘n omgewing waar georganiseerde misdaad floreer.

Dit raak uiteindelik elke burger, belegger en onderneming wat op ‘n funksionerende regstelsel staatmaak.

Die VF Plus is van mening dat dringende ingryping nodig is en die party stel daarom voor dat:

• Gespesialiseerde ondersoekspanne ingestel word vir geteikende moorde
• Misdaadintelligensie versterk word om georganiseerde misdaad te ontbloot
• Prioriteitsbeskerming oorweeg word vir regspraktisyns in hoërisiko-sake
• Vinniger vervolgings en streng vonnisse toegepas word

Die VF Plus sal hierdie saak in die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid in die Gautengse wetgewer verder voer en sal druk plaas vir groter aanspreeklikheid en beskerming van lede van die regsprofessie.

Die VF Plus sal nie toelaat dat geweld en intimidasie die oppergesag van die reg ondermyn nie en spreek sy medelye uit met die familie en naasbestaandes van me. Gallichan, die vyfde prokureur wat die afgelope 12 maande in Gauteng noodlottig gewond is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.