fbpx
Vryheidsfront Plus

Moord op raadslid in Limpopo: Ingryping op die hoogste vlak is nodig om geweld af te weer

Daar sal dringende ingryping op die hoogste vlak moet kom, selfs van die president, om ‘n potensiële bloedbad te verhinder na die koelbloedige moord op raadslid Vaaltyn Kekana, voorsitter van die openbare rekeningekomitee in die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit en Ralph Kanyane, takbestuurder van die ANC in Mogalakwena (Groter Potgietersrus, Bakenberg en Koedoesrand/Rebone.)

Die moord op Kekana en Kanyane skep die gevoel van magteloosheid by die gemeenskap en onder sekere werknemers van die munisipaliteit wat moeg baklei is teen korrupsie in die munisipaliteit.

Die VF Plus se het voorheen uit hoofde van munisipale werksaamhede ‘n goeie band gehad met Kekana. Hy het hom bewys as ‘n eerbare persoon en het die VF Plus se gevoel oor korrupsie en bedrog in die munisipaliteit gedeel.

Dit is jammer dat ‘n persoon wat opgestaan het teen korrupsie en bedrog en dit ook ondersoek het, met sy lewe moes boet. Sy dood is ‘n bewys hoe diep gewortel misdaad in Mogalakwena is aangesien die VF Plus daarvan oortuig is dat dit ‘n rol in die moorde gespeel het.

Diegene wat dink hulle het die reg om iemand se lewe koelbloedig te neem en dat hulle daarmee kan wegkom, is duidelik onder die indruk dat hulle beskerm sal word.

Die wortel van kwaad strek verder as net die Mogalakwena-munisipaliteit en daar sal op die hoogste vlak ingegryp moet word, om ‘n dreigende bloedbad te vermy. Die gemeenskap se gemoedere is naby breekpunt.

Die VF Plus dring daarop aan dat die voorval met groot dringendheid ondersoek word en dat daar genadeloos teen die skuldiges opgetree moet word.

Die VF Plus in Limpopo wil hiermee sy medelye uitspreek teenoor die naasbestaandes van die vermoordes en die gemeenskap van Mogalakwena.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.