fbpx
Vryheidsfront Plus

Moord in Noord-Kaapse bank skok

Skokkende beeldmateriaal van ‘n gemaskerde persoon wat ‘n mes omhoog hou net voordat ‘n vrou van Douglas in die Noord-Kaap binne ‘n bank doodgesteek is terwyl sy by ‘n kitsbank geld gedeponeer het, moet as ‘n wekroep dien vir almal in Suid-Afrika oor die omvang van geweldsmisdaad en om te alle tye waaksaam te wees.

Die oorledene, me. Helen Janse van Vuuren (61), was glo besig om geld te deponeer toe die rower toegeslaan het. Sy gesig is onder ‘n kledingstuk en agter ‘n sonbril versteek. ‘n Jong man is later in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Douglas, wat onder meer die hoofkantoor van die landwye GWK-landboumaatskappy huisves, is een van die mees vooruitstrewende dorpe in die Noord-Kaap. Dit is as 'n veilige en vreedsame omgewing bekend.

Die VF Plus sal die betrokke bank om antwoorde nader aangesien dit moeilik is om te begryp hoe dit vir die rower moontlik was om met 'n mes en bedekte gesig in die bank rond te beweeg.

Die VF Plus wil hiermee sy medelye met die gesin, naasbestaandes en kennisse van mev. Janse van Vuuren uitspreek.

 

Kontaknommers: 074 166 5540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.