Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City se grootste rioolaanleg is buite werking weens kabeldiefstal

Die Percy Steward-rioolaanleg in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) is buite werking nadat kabeldiewe die afgelope naweek toegeslaan het.

Die VF Plus het in die munisipaliteit se finansiële portefeuljekomitee gewaarsku dat daar dringend geld bewillig moet word om die kabels te vervang om verdere besoedeling te voorkom.

Indien dit nie dringend vervang word nie, kan die riool die Krugersdorp-wildtuin binnevloei wat kan lei tot ʼn ekologiese ramp.

Die party dring ook daarop dat elf van die agtien pompstasies wat buite werking is, herstel moet word.

Weens die stukkende pompstasies vloei riool vryelik in damme, spruite en riviere wat uitmond in die Hartbeespoortdam.

Die eens voorspoedige dorpe in Mogale City het onder die ANC se beheer tot ʼn rioolput verval.

Mogale City verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.