fbpx
Vryheidsfront Plus

Kommer oor dooie visse in Bloem se stormwaterkanale

Ná onlangse mediaberigte oor tekens van steroïed-hormone, dwelms, plaagdoder en medisyne in Bloemfontein se water, laat dooie visse in die stad se stormwaterstelsel verdere kommer ontstaan.

Dit wil voorkom of riool nou ook by die lysie van onwelkome stowwe in die water gevoeg kan word.

Die VF Plus het met ʼn oorsigbesoek in Raymond Mhlaba-straat op talle dooie visse in ʼn stormwaterkanaal afgekom. Die besoek is juis gebring nadat raadslede klagtes ontvang dat riool in die stormwaterkanaal langs Pasteurrylaan afvloei.

Rou riool uit vervalle rioolstelsels loop oor in stormwaterkanale wat direk in onder meer die Bloemspruit vloei. Dit skep ʼn ernstige gesondheidsrisiko vir die inwoners van Mangaung en dra by tot grootskaalse besoedeling van die beskikbare waterbronne.

Die VF Plus het vantevore daarop aangedring dat alle rioolpyplyne in Mangaung opgegradeer en vervang moet word en daar is wel daarvoor in die 2023/2024-boekjaar fondse vanaf Nasionale Tesourie hiervoor bekom.

Die VF Plus sal ondersoek instel rondom hierdie fondse en waarom dit nie aangewend is nie.

Die enigste manier om Suid-Afrika te red is deur te registreer en te stem om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ʼn bevoegde en verantwoorde koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

Saam kan ons die Vrystaat herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.