Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City se “groen briewe” het inwoners warm onder die kraag

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) se uitstuur van sogenaamde “groen briewe” aan inwoners van dié munisipaliteit, het hulle warm onder die kraag.

Finale kennisgewings vir die opskort van munisipale dienste, wat algemeen bekendstaan as “groen briewe” is in die laaste drie dae uitgestuur – ʼn dag ná inwoners hul amptelike diensterekeninge ontvang het.

Luidens dié kennisgewing sal inwoners se dienste afgesny word indien hulle nie hul munisipale rekening binne sewe dae vereffen nie.

Meer as 300 inwoners het die VF Plus genader rakende die probleem. Daar is bevestig dat hulle nie agterstallig is met hul rekeninge nie. Die amptelike rekeninge wat hulle ontvang het, dui die uitstaande bedrag as huidig aan en is eers aan die einde van die maand betaalbaar. (“Groen brief” en munisipale rekening van inwoner aangeheg)

Die VF Plus het hierdie probleem reeds met twee vorige raadsvergaderings met die burgemeesterskomiteelede vir finansies, Victor Molefe, en korporatiewe ondersteuningsdienste, Kholeka Mandye, opgeneem. Hul reaksie was ʼn blote optrek van die skouers.

Die party wou verder weet wie verantwoordelikheid gaan neem vir die kostes wat met hierdie aksie gepaard gaan.

Die situasie is onaanvaarbaar en die VF Plus gaan die saak nie daar laat nie en dring daarop aan dat die probleem opgelos word. Indien dit weens amptenare se onbevoegdheid is, moet daar teen hulle opgetree word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.