Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City se eie Nkandla

Wanneer jy die goue myl na Bekkerskole afry, kan jy nie die verwaarloosde Mogale City-burgemeesters woning miskyk nie. Die eertydse imposante huis is omring deur bossies en onkruid en het waarskynlik ‘n lekkende dak.

“Al wat nog aandui dat die eiendom aan die raad behoort, is die Mogale City-logo op die hek en die waghokkie waar menige ampsmotors stilgehou het. Hulle het dan deur die laning struike gery en voor ‘n groot uitgekerfde deur met sy Afrika-motiewe gestop.

“Van die prag en praal met sy vars waterstrome en mooi tuine waardeur oud president Kenneth Kaunda, ambassadeurs van Kuba, ANC-kaders en baie ander belangrike gaste gewandel het, is niks oor nie, sê rdl. Tjaart Steenkamp, lid van Mogale City se burgemeesterskomitee.

Hy sê voorts dat die Dan Tloome Estate, soos die woning amptelik heet, ‘n sprekende bewys is van die vorige plaaslike regering se onvermoë om hul eiendom te onderhou. Dit is jammer dat Paul Mashatile (ANC voorsitter in Gauteng), nou die koalisie beskuldig vir die ineenstorting van Krugersdorp.

“Die Dan Tloome-woning het uit die staanspoor slegte publisiteit ontvang. Eers is die woning ten duurste aangekoop en toe op aandrang van die destydse burgemeester, Lentswe Mokgatle, teen ‘n astronomiese bedrag opgeknap en gemeubileer. Na ‘n paar jaar in diens, het hy bedank en moes ‘n hofbevel verkry word om hom uit die huis te sit. Die voormalige burgemeester net vir ‘n rukkie daar gewoon. Deur die jare is daar probeer om die landgoed op ‘n veiling te verkoop. Dit het nie geslaag nie.

“’n Raadslid woon glo in die huis en tot dusver kon geen huurkontrak opgespoor word nie. Intussen moet belastingbetalers vir dienste betaal. Indien die huis in sy huidige verwaarloosde toestand verkoop word, kan die raad sekerlik ‘n laer aanbod as die markwaarde verwag.

“Hierdie is weer ‘n sprekende voorbeeld van die ANC-regering wat nie die vermoë het om ‘n belowende dorp na wense te bestuur nie. Die nuwe koalisie-regering bestaande uit die VF Plus, DA, IVP en EFF is besig om hard te werk om die foute van die verlede uit te roei.” sê rdl. Steenkamp.

 

Mnr. Tjaart Steenkamp

Kontaknommer: 082 806 7891

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.