fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City het dringend ‘n ekonomiese ommeswaai en regrukplan nodig

Opposisiepartye in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit moes dringend ingryp en keer dat dié munisipaliteit wie se skuldvlakke reeds gevaarlik in die rooi is, R190 miljoen se boedelskuld afskryf.

In ‘n voorlegging van die eerste kwartaal se moniteringsverslag aan die raad is dit duidelik dat die skuldlas stadig besig is om die munisipaliteit se inkomste te oorskry.

Die munisipaliteit se uitstaande leningsrekening is R311 miljoen, sy skuld aan Eskom R209 miljoen en aan Rand Water R61 miljoen. Dit skets ‘n donker prentjie van die ekonomiese verknorsing waarmee die munisipaliteit worstel.

Mogale City word verder gekniehalter deur hul onvermoë om skuld in te vorder wat druk op die likiditeit van die munisipaliteit plaas. Hul debiteure-invorderings staan reeds op ‘n begrotingstekort van 14%.

Opposisie partye het die raad versoek om nie lukraak skuld af te skryf nie en eerder ‘n betaalkultuur onder inwoners te kweek. ‘n Voorstel dat R190 miljoen wat aan die munisipaliteit verskuldig is deur 7000 onafgehandelde boedels afgeskryf word, is deur opposisiepartye teengestaan.

Die munisipaliteit se prioriteite is duidelik rampspoedig en plaas hul vertroue in regeringssubsidies van R660 miljoen terwyl hulle omstrede behuisingsprojekte soos Brickvale in Tarlton en in Munsieville ondersteun. Die bouprojekte het verdoemende ekonomiese gevolge omdat geen inkomste daaruit verwag kan word nie. Dit plaas net druk op die diensverskaffings-netwerke.

Om die Mogale City-skip, wat op ‘n rampspoedige botsing afstuur, om te draai is belangrik en daarom word die volgende voorstelle wat deel kan vorm van ‘n regrukplan voorgestel:

• ‘n Personeel-oudit uitgevoer word om personeelvaardighede te bepaal wat ‘n besparing op raadgewende ingenieurskontrakte kan verseker.

• Die munisipaliteit die ekonomie van Mogale City stimuleer deur ‘n gunstige klimaat vir kleinsake-ondernemings te skep om so die hoë werkloosheidsyfer op die dorp aan te spreek..

• Plaaslike besighede voorkeur te met die toekenning van tenders.

• Verkoop nuttelose munisipale eiendom.

• Verhuur munisipale eiendomme teen markverwante pryse.

• Installeer voorafbetaalde water- en elektrisiteitsmeters by besighede en privaat wonings.

• Bespoedig die registrasie van armlastiges.

Kontaknommer: 082 806 7891

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.