fbpx
Vryheidsfront Plus

M2-brug in Johannesburg heropen

Die M2-hoofweg, suid van Johannesburg, is vandag na maande van konstruksiewerk amptelik heropen.

Die Johannesburgse metroraad het in Februarie vanjaar begin met herstelwerk aan die brug om sodoende moderne en veilige standaarde te verseker. Motoriste moes intussen alternatiewe roetes gebruik om hul bestemmings te bereik.

Die verkeersvloei in Johannesburg se sakegebied en uitgangsroetes na omliggende dorpe is belangrik aangesien dit een van die faktore is wat ekonomiese groei bepaal.

Die stad se departement van vervoer sal nou met vindingryke idees vorendag moet kom om oplossings te vind om toekomstige verkeersvloei verder te verbeter.

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering, is dankbaar vir die heropening van die brug. Dit sal verkeersvloei uit Johannesburg na die suide en Ekurhuleni, waar die OR Thambo-lughawe geleë is, normaliseer.

Hierdie is nog ‘n bewys van die gevolge van jare se agterstallige instandhoudingswerk onder die vorige ANC-administrasie.

Navrae: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.