Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Moeilike herstelpad vir staal- en suikerbedrywe in Suid-Afrika

Die toekoms van die Suid-Afrikaanse suiker- en staalbedrywe is in gedrang mits die regering irrasionele inperkingsregulasies laat vaar en gesonde sakebeginsels bo ideologie plaas.

Die luuksheid om onwerkbare regeringsbeleid en nie-mededingende praktyke te subsidueer, is nie volhoubaar nie omdat belastingbetalers reeds gestroop is van 'n inkomste en geld en die land se reserwes min is.

Die inkrimping van sowel die internasionale- as Suid-Afrikaanse ekonomie het die aanvraag na beide suiker en staal drasties laat afneem wat die herstruktuering van die bedrywe noodsaak.

Die herstelplanne wat vandag deur die minister vir handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, aan die parlementȇre portefeulje komitee voorgehou is, weerpieël bepaalde herskikking van die bedrywe, maar dit word belemmer deur transformasie doelwitte en die nagevolge van inperkingsregulasies.

Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf verkeer al vir ‘n geruime tyd, voor die koms van Covid-19, onder druk, hoofsaaklik vanweë droogte, invoere van goedkoper suiker asook die suikerbelasting wat in 2018 deur die departement van gesondheid ingestel is.

Die internasionale laer aanvraag na suiker en die nie-kompeterende aard van die plaaslike bedryf bemoeilik die herstel van die Suid-Afrikaanse suikerbedryf.

Die plaaslike staalbedryf verkeer eweneens vir 'n geruime tyd onder druk vanweë ‘n kleiner internasionale aanvraag en oorheersing van die mark deur China en invoere van goedkoper staal. Die voortdurende streng inperkingsregulasies laat die steeds sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie nog verder krimp wat koopkrag en die vraag na vervaardiging verder laat afneem.

Die regering sal irrasionele beleidsrigtings wat nie in harmonie met gesonde sakebeginsels is nie, opsy moet skuif om volhoubare, kompeterende bedrywe in die suiker- en staalindustrieë te verseker.

Navrae: 082 466 3786/ 062 391 1804

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.