fbpx
Vryheidsfront Plus

Mkhize en Digital Vibes wys opnuut op ANC-regering se morele bankrotskap oor korrupsie in eie geledere; alle Covid-19-kontrakte van departement van gesondheid moet ondersoek word

Hoe meer die regering praat oor optrede teen korrupsie, hoe meer voorbeelde kom na vore dat die ANC-regering eers bereid is om teen korruptes in die regering op te tree wanneer hy geen ander keuse het nie.

Terwyl daar tans met minister Zweli Mkhize, soos soveel keer in die verlede, asem opgehou word oor optrede teen ‘n senior amptenaar wat van ernstige onreëlmatighede verdink word, het president Cyril Ramaphosa klaarblyklik vir eers die bal aangegee na die spesiale ondersoekeenheid (SOE) of word dit van Mkhize self verwag om terug te staan.

Beweringe oor ongerymdhede rakende verkryging in die departement van gesondheid ingevolge Covid-19-noodregulasies doen lank reeds die rondte. Die VF Plus het langer as ‘n jaar gelede, in Mei 2020, reeds skriftelike vrae aan Mkhize gevra oor kontrakte wat toegeken is en wat die naam van die maatskappye is waar afgewyk is van die normale verkrygingsprosedures. Digital Vibes se naam het toe al opgeduik.

Die VF Plus dring daarop aan dat die SOE alle Covid-19-kontrakte van die departement van gesondheid moet ondersoek en die ondersoek moet vinnig en deeglik gedoen word. Suid-Afrikaners kry toenemend die indruk dat hoëprofiel-ondersoeke tydloos uitgerek word terwyl die reg veel gouer sy loop neem met gewone burgers.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.