fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom lewenslange vonnis vir Vrystaatse plaasmoordenaar

Die VF Plus verwelkom die hofuitspraak waarin ‘n veroordeelde plaasmoordenaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

Thapelo Mokoena (47) het in Augustus 2004 vir Johanna van Niekerk (72) en een van haar plaaswerkers, Tororo Tsholo (43), op die plaas Dankbaarheid buite Bethlehem in die Vrystaat vermoor. Mokoena ontduik sedertdien die reg.

Alhoewel die uiteindelike vonnisoplegging lank geneem het, kan die familie en naasbestaandes van die slagoffers eindelik berusting vind. Dit bring nie ’n lewe terug nie, maar die moordenaar is nou uit die samelewing verwyder.

Boere verloor in baie gevalle moed omdat die regstelsel hulle faal. Dit skep vertroue wanneer geregtigheid wel uiteindelik geskied. In dié geval is die VF Plus dankbaar dat die moorde nie nog ‘n onopgeloste raaisel is nie.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om aandag te skenk aan hierdie soort misdaad om verdere onnodige bloedvergieting te voorkom.

Die VF Plus moedig alle boere aan om hul waaksaamheid te verskerp en hulself te beveilig binne die raamwerk van die wet.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.