fbpx
Vryheidsfront Plus

Beurtkrag en onaangekondigde kragonderbrekings lê Ekurhuleni lam

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad se departement vir energie dringend versoek om antwoorde te verskaf oor die onaangekondigde kragonderbrekings wat tesame met geskeduleerde beurtkrag die metro lam lê.

Kragonderbrekings wat nie deel is van Eskom se beurtkragskedule nie, vind sedert Maandag onaangekondig in die Ekurhuleni-metrogebiede plaas.

Die kragonderbrekings wat langer as die geskeduleerde beurtkrag duur, het gister (2 Junie) verder uitgekring na meer gebiede in die metro.

Verskeie navrae in dié verband is gerig aan Ekurhuleni se burgemeester, Mzwandile Masina, maar geen verduideliking kon gegee word en geen aankondiding of kennisgewing is uitgereik aan inwoners nie.

Dit is onaanvaarbaar dat daar geen kommunikasie tussen die nasionale kragverskaffer (Eskom) en die metro en inwoners is nie.

Die party het intussen die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, gevra om die saak te ondersoek sodat inwoners in kennis gestel kan word.

Intussen word die VF Plus se kantoor oorval met navrae van inwoners wat wil weet hoe lank die onderbrekings gaan voortduur en wat die rede daarvoor is.

Dis duidelik dat die ANC-beheerde metroraad nie die belange van inwoners voorop stel nie. Inwoners moet met die komende verkiesing saam met die VF Plus opstaan en ‘n duidelike boodskap stuur dat die onbevoegdheid nie aanvaarbaar is nie.

Navrae: 072 217 1951

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.