fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Phokwane het weer geleentheid om kommentaar te lewer op begroting na druk van VF Plus

Die VF Plus verwelkom die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstat) se besluit om goedkeuring van die 2021/22-begroting uit te stel in afwagting op insette van die provinsiale tesourie.

Op voorstel van die VF Plus is die openbare deelnameproses ook verleng sodat betalende inwoners van die munisipaliteit se stemme gehoor kan word.

Die VF Plus het om twee redes teen die begroting beswaar gemaak: Tariefverhogings en veral die 7%-verhoging in eiendomsbelasting is buitensporig vir die huidige ekonomiese klimaat, en die openbare deelnameproses was gebrekkig.

Veral inwoners van Hartswater en Jan Kempdorp se stemme is nie gehoor nie, alhoewel hulle ‘n groot bydrae lewer tot die munisipaliteit se inkomste.

Inwoners wat insette wil lewer op die begroting, kan hul bydraes stuur aan dienslewering@vfplus.org.za. Die VF Plus sal die insette deel van die proses maak.

Na jarelange ANC-wanbestuur is Phokwane in 'n voortdurende krisis wat aanleiding gee tot die buitensporige tariefverhogings. Betalende inwoners moenie vir die ANC se wanbestuur gestraf word nie en moet sorg dat hul stemme gehoor word.

Die tyd het ook aangebreek dat munisipale amptenare en raadslede wat wanbestuur sienderoë toelaat, tot verantwoording geroep word.

Die VF Plus moedig inwoners van Phokwane aan om op 27 Oktober teen hierdie wanadministrasie en onbevoegdheid op te staan en saam met die VF Plus ‘n sterk boodskap te stuur dat dit nie langer geduld sal word nie. Die verval kan gestop word.

Navrae: 072 938 8588

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.