Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Misdaad by klinieke in Tshwane neem toe

Die stygende misdaad by gesondheidsklinieke in die Tshwane-metro het ʼn wesenlike impak op dienslewering aan inwoners.

Uit ʼn jaarverslag vir die 2023/24-finansiële jaar blyk dit dat talle klinieke die teiken van misdaad was en dat veral elektroniese toerusting soos rekenaars, tablette, AED-defibrileerders, koperpype van lugreëlings en lugreëlingtoestelle gesteel is.

Veral personeel wat afhanklik is van die elektroniese toerusting om hul take te verrig, verkeer onder druk.

Versekeringseise het in die boekjaar R327 011,92 beloop. Dit is egter ʼn tydsame proses om die toerusting te vervang.

Die VF Plus skryf die stygende misdaad toe aan swak die sekuriteitsmaatreëls wat in plek is en in sommige gevalle totaal afwesig is.

Private sekuriteitsdienste het R31 152 572,64 vir die boekjaar beloop, maar dit was duidelik ondoeltreffend en ʼn vermorsing van geld.

In een geval is drie lugversoringseenhede op 7, 12 en 26 Julie 2023 uit die kliniek in die IEC-gebou in Bronkhorstspruit gesteel.

Dit is onverstaanbaar dat sekuriteitsmaatreëls nie opgeskerp is na die eerste inbraak nie.

In ʼn ander geval is ʼn hele heining ter waarde van R91 000 by die Gazankulu-kliniek gesteel terwyl sekuriteitswagte die perseel 24-uur bewaak het.

Die VF Plus is van mening dat elektroniese sekuriteitsmaatreëls soos kameras en alarms bykomend in gebruik geneem moet word tesame met gewapende wagte en ʼn doeltreffende reaksie-eenheid.

Om meer sekuriteitswagte van private maatskappy aan te stel, gaan die finansiële las verhoog, maar nie noodwendig die misdaad stuit nie, veral omdat daar vrae ontstaan as misdaad bly toeneem onder dié maatskappye se toesig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.