Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika maak rug styf terwyl Amerika skroewe indraai

Die skroewe van Amerikaanse sanksies teen Suid-Afrika word reeds stywer gedraai en die ANC in die regering van nasionale eenheid (RNE) moet hiervan kennis neem.

Luidens ‘n mediaberig van Azernews (https://www.azernews.az/region/239544.html) het die Amerikaanse departement van handel uitvoerbeperkings op 70 maatskappye van Iran, China, die Verenigde Arabiese Emirate, Pakistan en Suid-Afrika ingestel.

Volgens die Amerikaanse buro vir nywerheid en sekuriteit teiken hierdie beperkings onder meer 42 maatskappye uit China, 19 van Pakistan, 4 van die VAE, 3 van Suid-Afrika, en 2 van Iran.

‘n Amptelike Amerikaanse bron het die name van die Suid-Afrikaanse maatskappye teenoor die VF Plus bevestig as Ascenso Aviation, Blue Sky Aviation, en Wingman Concept.

Die VF Plus se inligting is dat hierdie sanksies na bewering te make het met hulp aan en opleiding van Chinese vegvlieëniers.

Luidens die berig het die Amerikaanse regering hierdie entiteite geïdentifiseer as groepe wat Amerika “se nasionale veiligheid ondermyn” of in stryd is met die Amerikaanse buitelandse beleid.

Die berig lui voorts dat die gevolg hiervan is dat Amerikaanse verskaffers verbied word om Amerikaans-vervaardigde goedere aan hierdie gesanksioneerde entiteite te stuur sonder ‘n spesiale lisensie.

“Hierdie beperkings is klaarblyklik deel van breër pogings van Amerika om die uitvoer van sensitiewe tegnologieë en materiaal te bekamp wat gebruik kan word vir doeleindes wat as skadelik vir Amerikaanse belange beskou word, veral wat verdediging en kuberveiligheid aanbetref.

“Die voortdurende handelspanning tussen Amerika en China, sowel as kommer oor die moontlike gebruik van gevorderde tegnologie deur teenstrydige state, het bygedra tot die toenemende frekwensie van sulke maatreëls,” lui die berig.

Die kollig skyn duidelik helder op Suid-Afrika en sy deurlopend verswakkende verhouding met Amerika, iets wat die land nie kan bekostig nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.