Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Minister van polisie kry bloedneus oor vuurwapens

Die VF Plus verwelkom die Grondwethof-uitspraak wat bepaal dat wettige vuurwapeneienaars wie se vuurwapen-lisensies verval het en waar eienaars nie binne 90 dae aansoek gedoen het om hernuwing nie, nou wel vir ’n nuwe lisensie kan aansoek doen.

Dit is ’n belangrike uitspraak in die guns van vuurwapen-eienaars in Suid-Afrika.

Die minister van polisie, Bheki Cele, se siening was nog altyd dat hy gekant is teen private vuurwapenbesit.

Sy standpunt was dat persone onwettig in besit van hul vuurwapens sou wees indien lisensies verval het en daar nie binne die drie maande-spertyd aansoek gedoen is om hernuwing nie.

Dit was in realiteit niks anders as ’n poging om die publiek te ontwapen nie. Die Grondwethof het die minister met dié uitspraak bloedneus gegee en het die reg op private vuurwapenbesit bevestig.

Die uitspraak het minister Cele nie net verkeerd bewys nie, maar dui ook daarop dat die minister misbruik gemaak het van sy magte en sy eie vertolking van die wet.

Ek het reeds in 2017 ’n privaatlid-wetsontwerp by die parlement ingedien waarin hierdie aangeleentheid behandel is.

My voorstel was dat waar ’n vuurwapen-lisensie verval, hernuwing moet plaasvind soos in die geval van ’n motorlisensie wat verval.

Die persoon bly eienaar van sy motor of vuurwapen en betaal ’n boete vir die tydperk wat die lisensie dan agterstallig is.

Hierdie Grondwethof-uitspraak bevestig die doel van dié privaatlid-wetsontwerpstandpunt en die geldigheid daarvan.

Die VF Plus moedig vuurwapen-eienaars aan om dadelik aansoek te gaan doen om ’n nuwe lisensie indien hul lisensies verval het.

Die polisie het ingevolge die Grondwethof-uitspraak nie ‘n keuse as om die aansoek te verwerk nie.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.