Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het ‘n parlementêre vraag van die VF Plus oor die beskerming van die staatsdiens se pensioenfonds (SPF) onder die jurisdiksie van die beregter van pensioenfondse omseil deur bloot te antwoord die wet maak nie daarvoor voorsiening nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus. (Vraag en antwoord hierby aangeheg).
Adv. Alberts sê uit die minister se antwoord blyk dit dat hy nie daarin belang stel om die staatsdienspensioenfonds onder die pensioenfonds-beregter se jurisdiksie en beskerming te plaas nie.
Adv. Alberts het gevra of die minister dit sal oorweeg om die staatsdienspensioenfonds onder die pensioenfonds-beregter se jurisdiksie te plaas en indien nie, hoe hy dit sou regverdig op grond van die beginsels van billikheid asook die Grondwet, en watter beskerming die fonds geniet sonder die jurisdiksie van die beregter.
“Die minister het bloot geantwoord dat die huidige wetgewing nie voorsiening maak vir die beregter om jurisdiksie oor die pensioenfonds uit te oefen nie.
“Die minister se kort en sinnelose antwoord moet gelees word teen die agtergrond van die druk wat geplaas word op dr. Dan Matjila, uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), om die SPF se fondse te belê in staatsbeheerde entiteite en sodoende die SPF-beursie oop te maak vir verdere stroping.
“Op 14 Junie vanjaar het die adjunkpresident op ‘n mondelinge vraag van myself in die parlement geantwoord dat dit ‘n sinvolle idee sou wees om die SPF onder die beregter se beskerming te plaas.
“Dis is duidelik dat die minister nie sy siening deel nie. Die VF Plus sal opvolgvrae in dié verband aan die minister rig,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216
NATIONAL ASSEMBLY
QUESTION FOR WRITTEN REPLY
QUESTION NUMBER: 2691 [NW2998E]
DATE OF PUBLICATION: 08 September2017
2691. Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Finance:
Whether he is prepared to place all public service pension funds, including the pension funds of state enterprises, under the jurisdiction of the Pension Funds Adjudicator in order to ensure transparent management and cheap adjudication; if not, (a) how will this decision be justified in terms of the principles of fairness and the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, and (b) to what extent will pension fund members enjoy protection in the absence of oversight by the Pension Funds Adjudicator; if so, what are the (i) relevant details and (ii) time lines? NW2998E
REPLY:
The Pension Funds Act, 24 of 1956 as it stands does not make provision for the Office of the Pension Funds Adjudicator to have jurisdiction over pension funds other than those registered in accordance with the Act.