fbpx
Vryheidsfront Plus

Koalisie-regering in Johannesburg staan sterk teen die ANC

Die koalisie-regering in die Johannesburgse metroraad gaan nie die knie buig teen die ANC nie. ‘n Voorbeeld hiervan is die afgelope week se poging van die ANC om ‘n dringende hooggeregshof-aansoek teen burgemeester Herman Mashaba en sy koalisie-vennote te bring, sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse-metroraad en deel van die koalisie-regering.

“Die ANC se mosie van wantroue is eers deur die metroraad se programkomitee van die hand gewys nadat die ANC die staandereëls en die Munisipale-Strukturewet verontagsaam het.

“Vir dié rede het die ANC so ver gegaan en die Noord-Gautengse hooggeregshof met ‘n dringende aansoek genader om ‘n mosie van wantroue teen burgemeester Mashaba en speaker Vasco Da Gama voor die raad op 27 September te laat dien.

Regter Sydwell Shangisa het vir vyf ure na argumente van die ANC geluister hoekom hy ‘n bevel moet uitreik om die mosie van wantroue op die agenda te plaas. Regslui van die koalisie kon na twee ure die hof oortuig dat die ANC se versoek met kostes van die hand gewys moet word.

“Die VF Plus beskou hierdie as ‘n groot stap in die regte rigting en is weer ‘n bewys dat die koalisie hom nie sal voorskryf nie. Die koalisie funksioneer uitstekend in Johannesburg en het ‘n goeie werksooreenkoms.

“Die koalisie slyp ook sy tande vir die 2019-algemene verkiesing om so te verseker dat die ANC die Gautengse provinsie verloor,” sê De Lange.

Kontaknommer: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.