fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister Nkwinti se voorstel oor plase is onwerkbaar

Die voorstel van minister Gugile Nkwinti en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake dat kommersiële boere helfte van hulle plase vir hul werkers gee, is onwerkbaar en ondeurdag.

Die voorstel gaan nie die grondhervorming probleme in Suid-Afrika oplos nie en gaan beslis voedselsekerheid in Suid-Afrika vernietig.

As die voorstels bestudeer word, is dit duidelik dat dit kom van ’n minister en ’n departement wat geen begrip het vir die ingewikkeldhede van moderne kommersiële landbou nie. Swart en wit kommersiële landbouers het sekerheid en eiendomsreg op sy grond nodig om lenings te kan kry ten einde winsgewend te kan boer. Hierdie plan neem daardie sekerheid weg.

Op die oomblik is die betrokke departement se voorstel ’n vlieër wat opgestuur word ten einde die reaksie van kommersiële landbou daaroor te toets. Ek is nie bewus daarvan dat die voorstel op enige regeringsforum of struktuur waarop ek dien, bespreek of goed gekeur is nie.

Suid-Afrika kort meer suksesvolle swart kommersiële boere. Dit gaan egter nie deur hierdie voorstel bewerkstellig word nie. Suksesvolle kommersiële landbouers met wie ek skakel is meer as bereid om as mentors op te tree en nuwe swart landbouers by te staan en te help om op sy eie grond suksesvol te boer.

 

Kontaknommers: 082 674
6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.