fbpx
Vryheidsfront Plus

Midvaal: VF Plus-lid ernstig gewond in rooftog

‘n Lid van die Riversdale Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Midvaal en VF Plus-ondersteuner veg tans vir sy lewe in die waakeenheid van Unie-hospitaal in Alberton nadat hy gisteraand tien keer geskiet is.

Mnr. Celvin Bronkhorst het ses gewapende rowers by die Foodzone supermark in Riversdale gekonfronteer waarna ‘n wilde skietery uitgebreek het. Die booswigte wou die supermark beroof. Tydens die hewige skietery is mnr. Bronkhorst tien keer gewond.

Deur wat nie minder as vreesloosheid en heldedade beskryf kan word nie en ongeag hul eie veiligheid, het verskeie ander lede van die GPF die swaar gewonde Bronkhorst te hulp gesnel. Die VF Plus beskou die optrede van die GPF-lede as prysenswaardig en as ‘n heldedaad.

Mnr. Bronkhorst se toestand is ernstig, maar stabiel.

Die VF Plus is trots op inwoners en lede van die GPF in Riversdale wie almal onbaatsugtig hulp verleen het, asook op die polisie wat buitengewoon vinnig gereageer het en gou op die toneel was.

Die VF Plus wens mnr. Bronkhorst en sy familie ‘n spoedige herstel en baie sterkte toe.

Kontaknommer: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.