fbpx
Vryheidsfront Plus

Koplose Sol Plaatje: VF Plus versoek ingryping

Die VF Plus het gister briewe aan die kantoor van die speaker, die waarnemende munisipale bestuurder, sowel as die LUR vir plaaslike regering in die Noord-Kaap afgelewer, met die versoek om in Sol Plaatje se leierloosheid in te gryp. Dit volg nadat die vergadering, waar 'n nuwe burgemeester verkies moes word, tot 31 Oktober vanjaar uitgestel is.

Die werklikheid is dat Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit reeds vir maande 'n waarnemende speaker, waarnemende munisipale bestuurder en waarnemende finansiële hoof het – en vir die volgende maand geen burgemeester nie.

Toepaslike wetgewing bepaal dat die munisipale raad die vakature vir burgemeester moet vul en ook 'n waarnemende persoon aanwys as die burgemeester tydelik buite bereik sal wees. Die VF Plus versoek in sy brief die drie amptenare om hul bevoegdheid te gebruik om te verseker dat dit wel gebeur.

‘n Dringende vergadering is nodig sodat die ondersoek na wanadministrasie wat afgelope Vrydag afgehandel is, aan die raad voorgelê kan word.

Die vraag is watter rol die proses van lyssamestelling met die oog op volgende jaar se verkiesing hierdie saak beïnvloed. Sou dit moontlik wees dat sekere persone bang is dat hulle reputasie deur die verslag benadeel sal word en daarom die bekendstelling frustreer? Die VF Plus hoop en vertrou dat dit nie die geval is nie.

Dat die munisipaliteit wat na Sol Plaatje vernoem is só onderpresteer is inderdaad 'n belediging vir die persoon. Hy word immers juis vanweë sy werksetiek en morele voortreflikheid vereer.

 

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.