Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Merafong ly groot skade weens diefstal van watermeterbokse

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) verloor elke maand duisende rande se waterinkomste weens die toenemende diefstal van watermeterbokse.

Meer as 15 meters word per maand in Merafong gesteel.

Dit laat die huisbewoners vir dae sonder water terwyl die munisipaliteit spartel om die meterbokse te vervang.

Een van die meterbokse kos die munisipaliteit tussen R400 en R500 en daarmee saam gaan duisende liter water verlore voordat munisipale werkers die watertoevoer toedraai.

Die VF Plus versoek inwoners om, alvorens hulle die diefstal by die munisipaliteit aanmeld, eers ʼn saak by die plaaslike polisie aanhangig te maak.

Die saaknommer tesame met die huisadres moet dan aan die munisipaliteit deurgegee word by die volgende e-posadres: info@merafong.gov.za

Inwoners kan ook die munisipale kantore besoek in Halitestraat, Carletonville.

Die VF Plus het inwoners ook versoek om waaksaam te wees en dadelik die polisie te skakel indien hulle hierdie soort diefstal waarneem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.