Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Menslike nedersettings: ANC verkwalik steeds apartheid vir sy tekortkominge

(Begrotingsposdebat in Vrystaatse wetgewer)

Die Vrystaatse ANC-regering en sy departement van menslike nedersettings se enigste twyfelagtige prestasie is hoe goed hulle daarin slaag om nie voldoende behuising en sanitasie aan die inwoners van die Vrystaat te verskaf nie.

Na 26 jaar se vrye demokrasie hou die regering en sy departement steeds vol dat die huidige behuisingsprobleme in die provinsie toegeskryf kan word aan apartheid. In werklikheid is daar na 26 jaar steeds nie voldoende behuising, water en sanitasie vir Vrystaters nie.

Uit behuisingsskandale in die afgelope tien jaar waarby verskeie ANC-hoës betrek word, blyk dit duidelik dat die ANC-regering slegs fokus op wat hy kan ontvang in stede van wat hy aan weerlose Vrystaters kan bied. Geen begroting sal die regerende party se grypsug, wanadministrasie en onbevoegdheid keer nie.

Om die skuld te bly pak op die verlede en apartheid, gaan nie aan armes huise gee nie. Solank hierdie departement die verlede die skuld gee vir sy eie tekortkominge, verkeerde prioriteite en wanadministrasie, sal die inwoners van die Vrystaat aanhou swaarkry. Dít sal hierdie provinsiale regering se nalatenskap wees.

Navrae: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.